23rd Apr 2024 1:01:53 PM

The Charities | The Children | Dorah Mokoena | Health | Schools / Training | Community / Diaries | Regional Reports | UMashesha
Home
Unmask Internet Scams
Place of Miracles
Please Don't
Donations
Plastics poison fires
Monopoly Moonwalk.
Do you need help?
Great Fire 350
News Index
Mt Cameroon Climb
Media Articles
Kilimanjaro climb
Defamation
Radio Adverts
Stoves, Candleholders
Bad Social Workers
How Can I Help
Cycle Ride
Radio Interview
Honours
Volunteer's View
Useful Links
Soweto Fire
Thank You to:
Disaster Recovery
Bags
Newsletter
Other Languages
Class Action Appeal
UK Donations
More about COFI
Help Needed
Drakensberg Trip
Safety Infomercials
Alex fires
Research
Work Experience
Amangwane
Useful Reading
Vacancies
UNAids
Appeal
Rural Outreach
Transport
Volunteers Notebook
North African office
Central Africa
Johannesburg's Annual Chocolate Fest
Children of Fire

Children of Fire, Suid-Afrika se eerste brandwond-welsynsorganisasie ( gebaseer in Johannesburg) organiseer rekonstruktiewe chirurgie en verskaf langtermyn rehabilitasie aan kinders wat brande oorleef het.Die organisasie het tot dusver meer as 300 kinders gehelp sedert dit in 1998 tot stand gebring is.n Voorbeeld van so n kind is Michelle Mathenjwa. Sy is vandag n energieke sewejarige met n borrelende persoonlikheid, maar ook met n ontstellende verlede.

Op drie maande oue leeftyd is sy gebrand onder suspiseuse omstandighede.Die brand het die plakkershuisie , waarin sy geslaap het,asook die omgewing reg rondom dit onaangeraak gelaat !

Die brand het haar met ernstige skade aan haar kopvel en gesig gelaat Sy het ook haar regter voorarm verloor.

Michelle se ma is in die vlammehel oorlede en niemand weet waar haar Mosambiekse pa hom bevind nie.Sy word deur haar ouer broer en sy vriendin in Soweto grootgemaak.

Die intense hitte het veroorsaak dat gedeeltes van haar skedel gereabsorbeer is . Dit het n gat so groot soos n teekoppie in haar kop gelaat.Namate sy ouer geword het, het dit al hoe meer n problem geword vir die aktiewe klein dogtertjie.Chirurgie kon geen oplossing aan haar bied nie. Gelukkig het haar paaie gekruis met die van Children of Fire.

Hierdie organisasie het reeds die sewejarige Feleng Mahamotse se kop herstel. Hy het op dieselfde tyd as Michelle as baba in n bedjie gele in die brandafdeling van Chris Hani Baragwanath Hospitaal.

Feleng is geopereer in Switserland in 2008 en 2009.Die medici het die gat in sy voorkop toegemaak met been uit sy ribbekas . Hierdie been sal natuurlik saam met die res van sy liggaam groei.Feleng se chirurge, Dr Merlin Guggenheim en Dr Walter Kunzi vlieg binnekort na Suid-Afrika om die vordering van hul pasientjie te kom monitor.Hulle sal aangenaam verras wees om te sien hoe hy sonder vrees vir besering speel. Hulle sal ook ander kinders soos hy kom behandel.

So, indien jy weet van enige kind, of selfs grootmens, wat met so n gat in die kop rondloop , kom gerus in kontak met Children of Fire.Die mees algemene oorsake vir so n gat is vierde-graadse brandwonde by babas , elektriese skokke , motorongelukke en geboorte-afwykings.

Ondervoeding kan ook daartoe lei dat die fontanelle van babas nie toegroei nie . Die fontanelle is n opening in die skedel van alle babas wat mettertyd vanself toegroei. Met armmoede wat aan die toeneem is, kan n mens verwag dat hierdie problem sal toeneem.

Operasies word tans geskeduleer vir die 30 ste November tot die 8 ste Desember 2009 , en die pasientlys sal binnekort gefinaliseer word .Kontak asseblief vir Children of Fire indien u , of iemand wat u ken,op hierdie lys wil kom ,by tel 011-726 6529 of 082 735 3783. n Epos kan ook gestuur word na firechildren@icon.co.za.

Die dokters wat die Switserse chirurge gaan bystaan kom vanaf so ver as Kimberley, Kaapstad, Port Elizabeth en, natuurlik Johannesburg.Operasies sal plaasvind in beide die Charlotte Maxeke Hospitaal asook Netcare se Milpark Hospitaal. Openbare en privaat hosptale werk saam om hierdie inisiatief moontlik te maak

Vir verdere inligting gaan asseblief na www.firechildren.org


This material is Copyright © The Dorah Mokoena Charitable Trust and/or Children of Fire , 1998-2024.
Distribution or re-transmission of this material, excluding the Schools' Guide, is expressly forbidden without prior permission of the Trust.
For further information, email firechildren@icon.co.za